KLEUTERSKOOL

By Slim Lyfies wil ons probeer om so gerieflik en gemoedkomend as moontlik te wees vir ons ouers.
Vele ekstras en etes is reeds ingesluit, en ons is altyd oop vir innovering en nuwe idees vanaf ons ouers.
Julle en julle lyfies is immers die rede vir ons bestaan.

Ingesluit

Ons weet hoe gejaag en duur die lewe reeds is, daarom sluit ons reeds alle etes en versnapperings in by ons fooie, een ding minder vir mamma om oor te bekommer.
Alle instappies en geleenthede deur die jaar word ook reeds voorsien in die maandelikse fooi. 

Aktiwiteite

Kinderkinetika is ingesluit vir ons maatjies in die babaklas (0-2jr).  Playball is ingesluit vir ons maats van 2-5jaar. Bak en brou, messy play, groot motories is alles deel van ons kurrikulum.

Buitemuurs

Vir die gerief van ouers word hier vele buitemuurse aktiwiteite aangebied by die skool. Hierdie is vir elke ouer se eie rekening aangesien die aansluiting volgens elkeen se keuse en voorkeur is. Rekenaars, Dance Mouse, Dans, Rugby, Krieket, Monkeynastix, Kinderkinetika, Spraakterapie, Arbeidsterapie, Little Readers leesklassies, Ballet, Junior builders, Witjassies en vele meer vir ouers om van te kies.

Fooie

Ons het verskeie opsies van inskrywings. Voldag, Halfdag, Per dag (Vol of Half). Ons het ‘n kwartaalfooi betaalbaar Januarie, April, Julie, Oktober. Hierdie gaan vir enige kunsbenodighede en skoonmaakmiddels, hierdie is nog ‘n tydsbesparing waar ons nie van ouers verwag om hierdie benodighede self aan te skaf nie

Slim Lyfies Inligtingstuk 2026

Registrasie vorm 2026

Slim Lyfies Information 2026

Registration form 2026

Hy sal Sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan – Psalm 91v11

Terrein en Klas fotos

Ontwikkelings fotos