Die Span

Ontmoet ons Span

Eienaar / Hoof

My naam is Marli Oelofse. Ek is die trotse eienaar en hoof van Slim Lyfies Kleuterskool en ‘n BAIE trotse mamma van my eie 2 lyfies wat ek met groot waardering self kan opvoed. Slim Lyfies is ‘n droom wat al lank in proses is en ons is baie bly om uiteindelik die geleentheid te kon ontvang om hierdie droom te kan uitleef.

My passie vir kinders het reeds op ‘n jong ouderdom begin en is ek al lank in die bedryf om met kinders te werk. Ek het my BEd graad ontvang in die Vroeë Kinder Onderwys aan die Universiteit van Pretoria en my BEd Honeurs graad in Leerondersteuning aan die Universiteit van Stellenbosch. Hiermee saam het ek vele ander kursusse al voltooi en is ook geakkrediteer om skoolgereedheids toetse af te lê.

Ek het ‘n groot liefde vir kinders en hul ontwikkeling vanaf ‘n jong ouderdom. Die fondasie van menswees en ons opvoeding in geheel lê soos met enige iets anders aan die begin. Dit is dus van kritiese belang dat kinders vanaf ‘n jong ouderdom met die korrekte boublokke ondersteun word om hul volle potensiaal te kan bereik en totale menswees te kan uitleef.

Assistent: Nkele Margret 'Maggie' Mokumo

Tannie Maggie is by ons 1.5-3jaar klas betrokke en is ‘n ysterhand by hulle.
Sy het passie en die energie om by te hou met hierdie bedrywige lyfies. Sy is ook die koningin van ‘potty training’.

Maggie is baie lief vir haar werk en die kinders en maak seker om elke dag vir almal te bid. Sy geniet dit om nuwe speletjies op te maak om die kinders besig te hou en huiwer nie om saam met hulle op en af te hardloop en spring nie!

Ons is baie lief vir tannie Maggie en baie geseënd om haar by ons te kan hê.

Juffrou: Marli

Mamma Marli is die hoof juffrou by ons 1.5-3 jaar klassie. 

Wanneer ons lyfies groot genoeg en emosioneel en fisies gereed is om uit die babaklas uit te skuif, dan gaan hulle aansluit by die 1.5-3jr klassie.

Die potty trainers klassie is een baie bedrywige klassie wat nog baie sterk in hulle emosionele breintjies ontwikkel. Hierdie klas is dus baie belangrik vir my as eienaar om ‘n goeie fondasie te kan neerlê vir die pad vorentoe.

Ek neem dus nog beheer oor hierdie ouderdoms groep en doen baie konkrete en pret aktiwiteite en stimulsie met die lyfies.

Juffrou: Monique Engelbrecht

Monique het haar graad in Kinderopleiding en Graad R by Aros voltooi.
Monique is ons 3-5 jaar maatjies se juffrou in die Sonnetjies klas.
Sy is jonk en dinamies en ongelooflik sag met die kinders.

Monique het ‘n sagte persoonlikheid wat perfek pas by ons kleingoed en ‘n rustigheid tot die klas aanbring wat deur ‘n fase gaan waar die aanleer van regulering van hulle emosies ‘n groot rol speel.
Ons is baie bly om haar by ons skooltjie te kan hê.

Juffrou: Lerato Sindane

Tannie Lerato is ons baba juffrou en sy is ‘n absolute engel.
Lerato het ‘n onderwys kwalifikasie in NQF4.

Sy het 2 van haar eie kinders en neem altyd goeie inisiatief met alle lyfies in die skool. Sy het ‘n kalm en rustige geaardheid en niks is te veel vir haar nie.

Assistent / Kok: Orlean Linky Sibiya

Linky is ons skool se kok. Sy maak seker al ons lyfies en self ons onderwysers se magies is vol en reg vir die dag. Linky help ook uit in die klasse indien dit nodig is en werk baie sag met ons lyfies. 

Sy maak vir ons die lekkerste en geurigste kos en ook soms ‘n ou heerlike koppie koffie. Linky het haar kursus by PlaySA voltooi vir die 2-5jr groep en word ook deurentyd opgelei in die hantering van kinders. Linky het n sagte en vriendelike hart en huiwer nie om met take om die skool te help nie.

Linky is ons klein botteltjie, groot gif.

Hier by Slim Lyfies is ons baie trots op ons huidige dinamiese span. Ons het al geleer dat ons vrouens se hande vir niks verkeerd staan nie en ons kan enige taak aanpak wat na ons kant toe kom, maak nie saak hoe groot of moeilik dit mag lyk nie. Soos ons skooltjie groei, sal die span hier ook groei. Ons teken geduld en vriendelikheid hoog aan en wil altyd ons maats gelukkig en laggend sien..

Ek het jou op jou naam geroep, jy is myne - Jesaja 43v1