ONS LEER DEUR SPEEL

LIEFDE

GEDULD

DEERNIS

Ons Bestaan

Slim Lyfies is ‘n sooltjie wat met liefde, hart en passie ontstaan het en gebou is.

Die droom het al van ‘n jong ouderdom af begin en in 2018 het
die beginpunt van ‘n klein speelgroepie ontstaan. My lieflike man het my aangespoor om te bedank as onderwyseres om my eie plekkie te begin.
In 2019 raak ek swanger met my eie klein bondeltjie en besluit
ons om eers die jaar rustig te neem. In 2020 tref die droewige COVID pandemie die wêreld en hou dit ons planne vir nog ‘n tyd op sy.

Net soos die Here dit wil hê in Sy plan en tyd, kom ons middel 2020 af op die perseel waar ons tans gevestig is.
Vir jare lank was dit ‘n perseel vir verskeie kleuterskole. Ons koop die perseel oor, hernu die geboue en speelgronde en gee vir hom ‘n nuwe baadjie waar ons lyfies kan sien groei en groot word en nuwe familie kan maak.

Ons werklike fokus is om ‘n families omgewing te skep wat ‘n 2de tuiste vir jou kind is. Ons neem dus slegs ‘n maksimum van 45 leerders in om sodoende die nodige aandag en insette aan elke lyfie en hulle gesin te kan gee

'n Tuiste vir jou kind.

By Slim Lyfies ag ons al ons maatjies en hulle gesinne as familie. Ons is lief, ons verstaan en ons is daar vir mekaar.
Elke maatjie en hulle ontwikkeling en geluk is vir ons van kardinale belang en daarom streef ons om net die beste te bied vir elke lyfie wat voetspore in ons gange en oor ons speelgrond los.
Ons fokus op die holistiese kind wat vrylik op sy eie wyse kan ontwikkel en ontdekkingsreise kan ervaar met begeleiding van ons lieflike juffrouens.

Kleuterskool

Ons kleuterskool is oop vir 0-5jr vanaf 06:30-17:15 elke dag.
Alle etes en peuselhappies is INGESLUIT.
Ingesluit ook in die skoolfooi is Kinderkinetika vir 0-2jr en Playball vir 2-5jr maats.

Naskool

Ons naskool is daagliks oop vanaf 12:30-17:15 met die opsie om vakansies ook by te woon volgens die kleuterskool se ure. Ons laai leerders op by hul skool. ‘n Middagbroodjie, vrug en water word verskaf.

Partytjie Venue

Ons speelgrond en ons Partytjie kamer is te huur oor naweke. Springkasteel en kinder tafels en stoeltjies word ingesluit. Die privaat venue met self-sorg of die opsie om ons binne-huis partytjie beplanners te gebruik word per dag bespreek vanaf 09:00-18:00 en is dus vrylik joune sonder die geskarrel.



Ons Kurrikulum

Ons hoof fokus van ontwikkeling is gelukkige en gesonde kinders wat leer deur middel van vrylik speel en kind-wees. Ons volg ‘n kind- sowel as onderwyser gebasseerde benadering. Hierin leer ons deur baie speel en selfontdekking wat grootliks deur ons juffrouens opgestel en gestruktureer word. Die juffrou gee die fondasie en die kind ontdek en bou daarop deur verskeie beskikbare bronne en voorwerpe wat aan hulle verskaf word.
Hierdie speel en selfontdekking maak dat kinders net kind kan wees en terselfdetyd ook kognitiewe en kreatiewe konneksies kan bou met dit wat in hulle omgewing geplaas word en voorkom. Dit bou probleem oplossende breintjies wat hulle lyfies se vermoë sonder perke kan laat.

Ons inkorporeer fasette van die Montessori en Reggio Emilia benaderings met uitvoering van ons ELDAs gebasserde kurrikulum se ontdekkings temas.

Ons vry en vriendelike familie omgewing maak dat kinders tuis kan voel, waar hulle tuis voel en is kan hulle volle potensiaal uitkom en bereik word.
Ons verskaf 2 keer per jaar verslae om aan ouers oor te dra waar hulle lyfies se ontwikkeling en mylpale staan.